Local sportSport

Goeie wintersport-seisoen vir Morgenzon Landbou Akademie

Die “Mustangs” (0/17’s) is met die Virseker Beker bekroon.

Morgenzon Landbou Akademie (MLA) se 0/15-, 0/17- en 0/19-rugbyspan is onderskeidelik as kleinskoleliga-wenners aangekondig.

Die eerste netbalspan is op ’n toernooi in Mbombela (Nelspruit) as kleinskoleligawenners aangewys, die 0/15-netbalspan het ’n derde plek behaal en die 0/19-hokkiespan het ook derde in hul liga geëindig.

MLA het drie rugbyspanne in die VirSeker Noordvaal-reeks gehad wat al drie tot die halfeindstryd deurgedring het.

Hul 0/15-span moes met 7 – 8 die knie voor Curro Bankenveld buig.

Die 0/17- en 0/19-span het onderskeidelik in die eindstryd teen Hoërskool Heilbron en Koster Gekombineerde Skool uitgedraf.

Die “Mustangs” (0/17’s) is met die Virseker Beker bekroon nadat hulle 20 – 19 met hulle teenstanders afgereken het.

Die eerste rugbyspan, die “Stallions”, het met 0 – 13 die onderspit gedelf en ’n silwer medalje verower .

MLA het die seuns vir hulle goeie gesindheid deur die seisoen geloof en die ouers wat bankvas agter hulle gestaan het.

Inligting verskaf: Aangepas vir publikasiedoeleindes

Related Articles

Back to top button