School sportSport

Morgenzon Landbou Akademie se Brumbies-rugbyspan behaal oorwinning

Die eerste punte is deur Curro Bankenveld aangeteken en na 20 minute was die telling steeds 3 - 0 in Curro se guns.

Morgenzon Landbou Akademie (MLA) se 0/15-rugbyspan, die “Brumbies”, het onlangs teen Curro Bankenveld in die eindstryd van die Kleinskoleliga meegeding en as oorwinnaars van die veld afgeloop.

Die eerste punte is deur Curro Bankenveld aangeteken en na 20 minute was die telling steeds 3 – 0 in Curro se guns.

Net voor rustyd het die Brumbies se stut, Ruben Kruger, oor die doellyn neergeval en Morgenzon se eerste punte aangeteken.

Die doelskop is deur Vernon Booysen tussen die pale deurgesit.

In die tweede helfte het die Brumbies se losskakel, Damien Theron, nog ’n drie aangeteken en vyf punte op die telbord gesit.

Vernon Booysen het ook met die doelskop geslaag.

Die eindtelling was 14 – 3.

Related Articles

Back to top button