Local sportSport

Morgenzon Landbou Akademie se rugbyspelers vir Mpumalanga-spanne gekies

Drie rugbyspelers van Morgenzon Landbou Akademie (MLA) is gekies om vir Mpumalanga-spanne te speel.

Drie rugbyspelers van Morgenzon Landbou Akademie (MLA) is gekies om vir Mpumalanga-spanne te speel.

Kyle Coetzee, wat reeds een keer die provinsie verteenwoordig het, sal vir die 0/19 Pumas in die Puk-reeks uitdraf.

Marinus Britz (Morgenzon Landbou Akademie) spog met ’n plek in die 0/16 Platteland-rugbyspan.

Marinus Britz en Steven Jordaan sal hulle staal wys as deel van die 0/16 Platteland-span wat in die Julievakansie aan die Valke-week deelneem.

MLA het hulle sterkte vir die kragmetings toegewens.

Kyle Coetzee (Morgenzon Landbou Akademie) glimlag breed nadat hy vir die 0/19 Puma-rugbyspan gekies is.

Related Articles

Back to top button