LettersOpinion

BRIEF: My eerlike mening oor die ‘IDP’

Waar kom demokrasie in hierdie verband ter sprake?

Ek het deur die uitvoerende burgemeester van Standerton, mnr. Linda Dhlamini se “IDP” of die “Geïntegreerde Ontwikkelingsplan vir 2016/2017” gelees.

Dit is beskikbaar op die webwerf van die Lekwa Munisipaliteit.

Hier is my eerlike mening daaromtrent.

A. Finansies:

Wat ’n ontnugtering was dit nie!

Ek kan nie glo dat ’n persoon wat veronderstel is om leiding te neem so min van finansies en finansiële state weet nie.

Ek dink tog sy raadgewers moes hom ingelig het, of weet hulle ook nie?

Is daar geen opposisieparty in die raad nie?

Weet hulle dalk ook nie?

Daar word in 14 van die 20 punte op bladsy 4 verwys na die sogenaamde finansiële suksesse wat deur Lekwa behaal is.

Om die onkunde en weersprekings uit te lig, sal ek slegs ’n paar daarvan noem.

Daar is 201 bladsye van hierdie onwaarhede en openbaring van uiterste onkunde!

As ons nie die munisipaliteit reghelp (regruk) nie, dink hulle dalk ons weet ook nie!

1. Wat beteken ’n gekwalifiseerde ouditverslag?

Hy spog op bladsy 4 dat: “we have achieved Qualified Audit Reports the last two financial years”.

Enige persoon wat gr. 8 rekeningkunde geslaag het, sal weet dat dit ’n “ongekwalifiseerde ouditverslag” is waarna almal streef, of soos die handboek dit stel: “An unqualified audit report is regarded as a clean bill of health, the auditor made no exceptions and inserts no qualifications in the report”.

As Lekwa dan spog met ’n gekwalifiseerde ouditeursverslag kan ons raai wat kom!

Bankrotskap is ’n bate?

Die waarheid is dat die finansies in so ’n chaotiese toestand is dat ouditeure net ’n gekwalifiseerde verslag kon uitreik!

Die ouditeure skryf dus: “Gaan maak hierdie gemors reg!”

2. “We have approved the Revenue Enhancement Strategy in order to account to the community about the finances”.

Die gemeenskap word in die duister gehou omtrent die belastings wat op hulle wag vir die nuwe finansiële tydperk wat op 1 Julie 2016 ’n aanvang geneem het.

Wie van ons het na die nuwe waardasierol en kategorieë gekyk?

Hierin lê ’n reuse uitdaging vir die nuwe munisipaliteit wat op 3 Augustus aangewys word!

Onthou dat die tariewe reeds op 1 Julie 2016 in werking getree het!

Die waardasierol is ook nie soos deur die wet vereis word, beskikbaar nie!

3. “We are working with the community to strengthen the work of self-organized formations such as burial, stockvels, …. to deepen democracy”.

Die finansiële onkunde is weer hier ter sprake.

’n Demokrasie wat versterk word as ’n privaatonderneming deur die munisipaliteit (lees kaders) en oorgeneem word?

Begrafnisondernemers op Standerton het al begin tande wys na munisipale organisasies wat meeding met privaatinstansies.

Slegs ’n gedeelte van die gemeenskap word betrek by besluitneming en alle minderhede (al betaal hulle 80% van die belasting), word misken.

’n Stokvel en piramideskema is soortgelyk aan mekaar.

Wanneer een skakel platval, stort alles inmekaar!

Waar kom demokrasie in hierdie verband ter sprake?

4. “We have found a developer to develop … multi-storey shopping Mall, filling station and Hotel with guaranteed job opportunities”.

Hier is weer ’n voorbeeld van die munisipaliteit wat besighede (sakemanne en belastingbetalers) misken.

Waar gaan die belasting heen?

Ondersoek moet deurlopend plaasvind om te verseker dit word nie as “kaderontwikkeling” geoormerk nie. Op bladsy 56 word gesê: “8. Budget must be in line with and respond to IDP & socio-economic challenges”.

Waar kom die geld vandaan?

5. “We have completed Ubuhle Siyazenzele Chicken broiler project in Morgenzon and it is functional as of now”.

As ons nou na die projekte op Morgenson (Wyk14) bladsy 74 tot 76 kyk, sien ons onder “Completed. Projects” dat daar nie so ’n projek gelys word nie.

Daar is wel ’n projek gelys: “Cemeteries to be fenced and toilets to be erected” en die status: “Not achieved, due to financial constraints”.

By nadere ondersoek blyk dit dat selfs die landbouskool daar, niks weet van hierdie uitgawe nie.

Op bladsy 57: “We will complete the Ubunhle Chicken Project!”


 

B. Noodsaaklike Bestuursfunksies:

Die lewens van alle Lekwa inwoners word bedreig deur onkundige en onbevoegde munisipale bestuurders! Rioolwaterskeppers!.

Die stand en betekenis van die “Green Drop” en “Blue Drop” statusse: (Item nr 2.13 en Item 2.14 handel oor hierdie statusse), en die verslag bevat slegs twee grafieke wat nie verder omskryf of verklaar word nie.

As ek nie reeds 16 jaar betrokke was by die watervalforum nie, sou ek my seker ook hierdeur laat mislei het.

Wat hierdie statusse verteenwoordig kan egter gesien word as moord op belastingbetalers!

Die ANC-gesinde department van water en sanitasie verklaar: (direk verkry uit: Regulatory Impression (Website: Bluedrop Water services Authority p369):

“It is regrettable that, once again, the Department of Water and Sanitation found the drinking water quality management practices within the Lekwa Local Municipality to be unacceptable. There was also a notable decline in Blue Drop score compared to the 2012 report. There appears to be a challenge related to management capacity, as the Municipality was not able to provide any information to the inspectors during the assessment. The only information that has been assessed was accessed from the BDS where only the Water Safety Plan dated 2011 is available. Although compliance monitoring data has been uploaded, the municipality has not registered any monitoring programmes against which compliance can be assessed. Monitoring is not compliant with the requirements of SANS 241!

“As was mentioned in the 2012 report, a management commitment regarding the Blue Drop Programme is lacking, and the Blue Drop scores could be improved if a responsible person within the Municipality takes accountability for ensuring compliance with the required criteria. The overall 2014 Risk Rating for Lekwa is 71% which translates into the 6th worse performance out of the 18 WSAs in Mpumalanga. Note that this value is based on the three specific areas indicated below and shows concerns (medium to critical risks) for both systems for Process Control (which risks reflect compliance in terms of draft Regulation 813), Drinking Water Quality and Risk Management.

Based on the above Audit results, the DWS has serious concerns on the poor microbiological drinking water quality and the resultant risk to consumers of the Morgenzon and Standerton water supply systems. These concerns have to be addressed as a matter of urgency and drinking water quality results and appropriate actions must be communicated to consumers should the water be found to be unfit for human consumption.

Wat ’n vernedering en vermorsing vir die munisipaliteit!

Meer as dit wil ek nie sê nie!

Hier word mense stadig vergiftig!

Is dit dalk die rede vir die oorvol hospitaal op Standerton?

Dit is ook die rede waarom Standerton se rangorde op bladsy 35 (2.8 Health indicators) onleesbaar gemaak is!


 

C. Die GOV-verslag in die algemeen:

Al wat ek omtrent hierdie verslag kan sê is: “Mené, mené, tekél ufarsin” (die vertaling kan u vind in die Bybel, Dan. l5 verse 24 tot 28).

Ek hoop u sal dit gaan lees en die toepassing spreek dan vanself.

Hoe beskryf ek hierdie misleidende, onvolledige en oneerlike verslag in ’n paar woorde?

Net oningeligte persone, wat nooit met enige bestuursaksies te doen gehad het nie, sal hierdie wanvoorstelling ernstig opneem of enige statistiek hierin geloofwaardig vind.

Waarom hierdie stelling?

1. Die statistiek in hierdie verslag het nêrens enige verwysing (omtrent die oorsprong van data) sodat dit geverifieer kan word nie.

Die voorbeeld van die slaagpunte van matriekleerlinge in Lekwa, wat ’n slaagsyfer van 84,5% weergee (bladsy 33 van die verslag), word weerspreek deur die “Dept. of Basic Education Mpumalanga” se syfers ( 65,56% vir Lekwa East en 90,85% vir Lekwa West) wat dan ‘n “Pass rate for 2015” van 82,6% gee!). Trouens dit is ’n verswakking van bykans 8% teenoor die 2014 syfer toe dit 84,7% was.

Hoeveel meer leuens word hier as die waarheid opgedis?

Wat dink die raad van Lekwa-kiesers en belastingbetalers?

2. Die afdeling wat in die inhoudsopgawe as: “2.29 CRITICAL QUESTIONS – RESPONSE FROM MUNICIPALITY” genoem word, ontbreek in totaliteit.

Enigeen sal weet waarom dit gebeur, dit is nie net ’n fout nie!

Dit is weggelaat omdat dit die ANC verder sal verneder!

3. Geen melding word gemaak van boere (droogte/veiligheid/werkverskaffing/behuising) in die “rural areas (Ward 9, 12 and 14)” nie.

Dat daar ’n totaal van R3- mil + R1,1- mil + R3,2- mil (p 67,p 70,p 73,p 77, ens.) aan windpompe en boorgate bestee is, word betwyfel en dit sal met tyd geverifieer word.

Volgens hierdie verslag is ’n totaal van 45 boorgate gesink en vir ’n verdere 63 begroot?

Waar is die koördinate van hierdie reuse-uitgawes?

Wie het die 108 boorgate aangevra en wie monitor dit?

Hoeveel is droog en hoeveel gaan verdwyn in die nuwe jaar?

Mobiele toilette word ook by die honderde genoem, sonder verdere besonderhede!

Dit sal ook verdwyn.

Dit word egter vermeld dat hierdie areas (Wyke 9, 12 en 14) die hoogste werkloosheid van 39,5% (Wyk 14) het (p 30 2.4 Labour indicators).

Dit wil dus voorkom of die boere die sosiale verpligting van die munisipaliteit oorneem en aan die mense voeding en behuising verskaf – sonder vergoeding!

Ons sal dit ook ondersoek.

Daar word (p 31: Labour Indicators –Employment by industry) gemeld dat die Landbou 24,4% bydra tot die ekonomie van Standerton.

Dit is die hoogste van alle sektore, maar geen erkenning word hieraan gegee nie.

Die gans wat die goue eiers lê, word nou geslag!

In hierdie ontwikkelingsplan word grof met die waarheid omgegaan.

Is dit uit onkunde of omdat daar geen positiewe bydrae is om te maak nie?

Hoe sal ons hiervan weet as daar nie ’n raadslid is wat ons saak dien en op die hoogte hou van sake nie?

Ek dink een of meer lede van die Vryheidsfront Plus kan dalk ’n reuse verskil maak!

Attie Jankowitz die VF+ se kandidaat in die munisipale verkiesing in Standerton(MP305).

(Attie het ’n Meestersgraad in Besigheidleiding(UNISA) ‘n B.Com-graad(UOVS) asook senior onderwyssertifikaat.

Hy was betrokke by die nasien van matriekvraestelle in Rekeningkunde en was vir jare by Sasol as projekbestuurder op Secunda werksaam.

Hy boer tans by Roodebank binne die Lekwa munisipale gebied.

Sy kontaknommer is 082 465 0232 vir enige navraag.

Die VF+ se ander twee kandidate vir die Lekwa Munisipaliteit is Zirk Wolmarans (072 473 1447) en Nico Uys (082 879 8833) wat albei op Standerton woon.

Die brief is na die Lekwa Munisipaliteit gestuur vir kommentaar, maar teen druktyd is geen terugvoering ontvang nie.

Related Articles

Back to top button