CrimeLocal newsNews

Beveilig jou eiendom

’n Indringer kan verhoed word om jou eiendom te betree deur die voortuin netjies en veilig te hou.

’n Nasionale veiligheidsmaatskappy het die volgende wenke om jou eiendom te beveilig.

• ’n Indringer kan verhoed word om jou eiendom te betree deur die voortuin netjies en veilig te hou.

• Gaan moontlike swakplekke na soos ’n lae heining of agtertuinhekkie met ’n swak slot.

• Sorg dat die huis duidelik sigbaar van die straat is wat indringers sal verhoed om ongesiens hulle opwagting te maak.

• Oorweeg gruispaadjies omdat dit onmoontlik is om daarop te loop sonder om ’n geluid te maak.

• Hekke, heinings en mure moet nie meer as 1 meter hoog wees nie om te verseker dat jou eiendom duidelik sigbaar is.

• Hou tuine netjies sodat indringers nie kan wegkruip nie.

• Sluit motors en fietse in die motorhuis toe.

• Hou jou motorhuis gesluit.

• Installeer ’n alarm.

• Installeer veiligheidsligte van sonsondergang tot sonsopkoms.

• Kanselleer melk- en koerantaflewering as jy nie tuis is nie.

 

 

Related Articles

Back to top button