NewsSchools

Hoogehhout onthul beeld by eeufeesvieringe

Eeufeesvieringe skop af met gala-aand.

BETHAL – Hoërskool Hoogenhout het die naweek van 22 September ’n massa-reünie aangebied as deel van dié skool se eeufeesvieringe.

’n Beeld wat spesiaal vir die fees gemaak is, is tydens die dinee by die Bluegum Country Lodge onthul deur die beeldhouer, mnr. Bernie van der Vyver.

Hy is ’n oudleerder van Hoërskool Hoogenhout en het in 1987 gematrikuleer.

Feesgangers kon Saterdag heeldag op die skoolterrein saam kuier.

Volgens me. Ronél van Staden, skakelbeampte van die skool, was die hoogtepunt van die feesvieringe die teenwoordigheid van mnr. Martiens Maritz, tans die oudste lewende oud-Hoogie.

Hy het in 1942 gematrikuleer en het die eer gehad om die kapsule met boodskappe vir die volgende generasie te seël tydens die feesvieringe.

Die eeufeesvieringe is op 23 September afgesluit met ’n dankdiens in die Hervormde Kerk op Bethal.

Related Articles

Back to top button