Local newsNews

Bianca Fourie word op 1 Junie geopereer

Bianca en Nadine ontmoet mekaar voordat Bianca vir operasie moet gaan.

SECUNDA – Bianca Fourie (16), die gr. 9-leerder van Hoërskool Oosterland wat sedert haar geboorte aan skoliose ly, se operasie is nou nog vroeër.

Sy sou op 15 Junie gegaan het vir die operasie, maar dit is na 1 Junie vervroeg.

Sy word op 31 Mei in die hospitaal opgeneem.

Bianca moet dringend ’n operasie kry om haar ruggraat reguit te maak anders kan sy doodgaan.

Die skoliose het die afgelope vier jaar só vererger dat haar ruggraat haar organe vasdruk en sy sukkel om asem te haal.

Sy was vanjaar na die eerste kwartaal nog nie weer terug skool toe nie, omdat sy nou permanent aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel is.

Dokters het eers gesê Bianca sou meer as ’n miljoen rand moes betaal om die operasie te ondergaan, maar die Life Faerie Glen Hospitaal het met die betrokke dokters en partye gepraat en kan nou die operasie vir Bianca doen vir net minder as R300 000.

Dit sluit egter nie die koste in as daar komplikasies is nie.

Also read: Bianca Fourie moet dringend operasie vir skoliose kry #HelpBiancaFourie

Die Child Mede Organasation het Bianca se geldinsamelings hanteer nadat die gemeenskap en veral Hoërskool Oosterland besluit het om geld vir Bianca in te samel.

Daar is reeds meer as R200 000 ingesamel en haar ouers is verlig dat sy nou uiteindelik die operasie kan ondergaan.

Bianca sien daarna uit om weer skool toe te gaan as die operasie verby is.

Hoërskool Oosterland het ’n geldinsamelingsaand Donderdag, 24 Mei by Oregan Spur in die Secunda Mall gereël en die gemeenskap is welkom om dié aand by te woon.

Die Teksa Modelvliegtuigklub het ook ingespring en geld vir Bianca ingesamel deur lootjies te verkoop om ’n modelvliegtuig wat tussen R6 000 en R8 000 werd is, te wen.

Mnr. Frikkie Oosthuizen het dié modelvliegtuig geskenk.

As jy ’n lootjie wil koop, skakel mnr. Johan Jansen van Vuuren van Teksa Modelvliegtuigklub by 064 780 4036.

Mnr. Jansen van Vuuren is by die projek betrokke omdat sy eie dogter, Nadine Jansen van Vuuren (15), ook ’n paar jaar gelede dié operasie moes ondergaan.

Nadine het verlede week by Bianca gaan kuier en haar vir die eerste keer ontmoet.

Related Articles

Back to top button