Local newsNews

Boetie met neuroblastoomkanker gediagnoseer twee weke nadat sussie hare vir Kansa skenk

Jan-Ernst (JE) Kruger is 16 maande oud en is twee weke nadat sy sussie haar hare vir Kansa geskenk het op 6 September, met neuroblastoomkanker gediagnoseer.

Jan-Ernst (JE) Kruger is 16 maande oud en is twee weke nadat sy sussie haar hare vir Kansa geskenk het op 6 September, met neuroblastoomkanker gediagnoseer.

Dié seuntjie se ogies skitter steeds al het hy net ’n paar wimpertjies oor weens chemoterapie.

Marlie-Anne Kruger (6), Jan-Ernst se sussie, het vertel: “My tannie Letisha het lang hare gehad en dit gesny.

“Sy het vir my gesê dat sy dit gesny het vir kinders met kanker.

“Hulle neem jou hare en dan maak hulle hare vir kinders wat nie hare het nie weens kanker.

“Ek wou my hare ook so hê en wou ook my hare vir kinders gee wat dit nodig het.”

Wanneer jy jou hare vir Kansa wil skenk, moet die lengte wat afgesny word meer as 30cm wees.

Marlie-Anne kon 45cm skenk.

Hartseer het egter die opgewondenheid verdoof nadat Jan-Ernst met neuroblastoomkanker gediagnoseer is.

Hoewel die familie ’n mediese fonds het, dek die medies nie alles nie.

As jy die Kruger-gesin kan help om die mediese kostes te dek, kontak me. Kruger by mandie.faasen@gmail.com.

Lees die volledige storie op die voorblad van die Ridge Times op ons webtuiste hier.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button