Kom deel in Pinocchio se reis

Pinocchio is op 25 tot 27 Julie by The Village Theatre te sien waar hy en sy vriende die gehoor gaan vermaak en na hulle asems laat snak.

POLOKWANE – As jy jok gaan jou neus groei. Of só word kinders reg oor die wêreld wys gemaak wanneer hulle na die storie van Pinocchio luister.

Pinocchio is ‘n bekende hout-marionet wat sy film deurbraak in 1940 gemaak het. Nou is hy op pad om sy storie aan lesers in Polokwane te kom vertel.

Pinocchio beteken stukkie denneboom in Italiaans, waar sy skepper, die skrywer Carlo Collodi hom in 1883 bekendgestel het. Dit vertel die storie van ‘n eensame man wat uit dennehout vir hom ‘n marionet gemaak het.

Die man, Geppetto, het gewens dat die houtseuntjie ‘n regte seun kan word. Die Blou Feetjie het die droom amper waar gemaak toe sy vir Pinocchio gesê het hy sal die volgende oggend kan loop en praat soos ‘n regte seun. As hy homself kan bewys, sal hy ‘n regte seuntjie kan word.

Pinocchio is egter geneig om gereeld leuens te vertel wat veroorsaak dat sy houtneus groei. Op ‘n dag moet hy ‘n keuse maak om ‘n ware seun te word en vir Geppetto te red.

Die les vir elkeen wat die storie sien, is om nie leuens te vertel nie. Dit leer jou ook van liefde en hoe dit jou kan verander.

Pinocchio is op 25 tot 27 Julie by The Village Theatre te sien waar hy en sy vriende die gehoor gaan vermaak en na hulle asems laat snak.

Die vertoning is in die vorm van ‘n pantomieme, of ‘n musikale verhoogproduksie, en die skrywer en komponis, Machiel Roets, se hande werk. Hyself is in die rol van Geppetto en Soli Philander is in die rol van die blou feetjie. Henrico Grobler speel die rol van Pinocchio.

Kaartjies kos R180 vir volwassenes, R150 vir laerskool leerders en R100 vir kleuters en is beskikbaar by Quicket.

Vir meer inligting, kontak Alida van der Schyff by 079 902 4775.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version