16 wenke om jou tuin te verbeter

Word touwys oor die gebruike van Engelse sout in jou tuin en hoe om mooi litrose te hê.

POLOKWANE – Die maandelikse vergadering van die Pietersburg Tuinbouklub het lede weereens met verskeie wenke toegerus.

Gasvrou Jeanne Bergh het litrose en die voordele vat die gebruik van Engelse sout in jou tuin gedeel.

Litrose

“Litrose se wetenskaplike naam is Schlumberga en kom oorspronklik uit Brasilië. Alhoewel hulle tropiese plante is, word hulle soos vetplante behandel.”

Drie soorte litrose:
1. Die Dankseggingkaktus het gepunte tandjies.
2. Die Kersfeeskaktus het lang segmente.
3. Die Paaskaktus het ‘n ronde blaar wat ingeduik is.

Wenke:

  1. Litrose groei die beste onder ‘n boom of op ‘n patio of stoep.
  2. Litrose soek nie direkte sonlig nie.
  3. Litrose maak mooi mandjies en dit is goed om hulle bietjie te laat uitdroog.
  4. Litrose is nie giftig vir mens of dier nie.
  5. As ‘n litroos nie blom nie, kry die plant dalk te warm en moet eerder in ‘n trek gehang word – of hulle kry te veel water.
  6. Moet ook nie jou litrose te gou oorplant nie – veral nie wanneer hulle blom nie.
  7. As jy dit oorplant, kies ‘n pot wat net effens groter is as die pot waarin hy is.
  8. Om hom aan te moedig om te blom kan jy hom vir 12 ure in die donker laat of ‘n bruinpapiersak oor hom gooi.

Engelse sout

“Engelse sout is magnesium en kan in die hele tuin gebruik word. Los twee eetlepels Engelse sout op in 3.5l water en gebruik dit in jou tuin.”

Voordele:
1. Verbeter die ontkiemingproses.
2. Help nutriënt absorpsie aan.
3. Engelse sout voorkom die skok wat ‘n plant mag ervaar wanneer ‘n mens ‘n plant oorplant na ‘n ander pot.
4. Geel blare aan ‘n plant word na behandeling met Engelse sout weer groen.
5. Engelse sout verhoed dat blare krul.
6. Engelse sout hou die insekte weg van die plant af.
7. Bome se vrugte is soeter as gevolg van die gebruik van Engelse sout.
8. Ander plante, soos tamaties, se vrugte is ook soeter.

Lees in die Polokwane Observer hoe Jeanne vir lede gewys het om ‘n mandjie te plant.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version