Jo Black bring binnekort ‘die hoop weer terug’ in Polokwane

Die sanger van liedjies soos Skepe en Bring Die Hoop Weer Terug, besoek Polokwane op 5 Junie tydens die Winterfees.

POLOKWANE – Die goedheid in mense is iets waaruit Jo Black sy inspirasie kry. Die sanger van liedjies soos Skepe en Bring Die Hoop Weer Terug, besoek Polokwane op 5 Junie tydens die Winterfees. Dit sal die eerste keer in vier jaar wees wat Jo in Polokwane gaan optree.

“Dit is die tweede keer wat ek in Polokwane sal optree en ek sien daarna uit om van die liedjies op my nuwe album vir die gehoor te sing. Polokwane het ‘n besondere sagte plek in my hart aangesien my pa vir baie lank daar gewoon het. Ek het baie skoolvakansies daar deurgebring.”

Jo is ook ‘n bekende motiveringsspreker en stigter van die Be that Guy-beweging waar hy jong mense waarsku teen boeliegedrag.

Alhoewel Jo reeds die land plat getoer het, droom hy daarvan om saam met Stef Bos te toer. Sy ander droom is om in Europa op te tree.

“Ek put my inspirasie uit mense wat goed doen aan ander en ‘n verskil probeer maak in ander se lewens, sonder om ‘n verskuilde agenda te hê of iets terug te verwag. Ek glo ware goedheid verwag niks in ruil nie.”

Lees meer: Koop jou kaartjies nou vir die Winterfees!

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version