EntertainmentLifestyle

Koop jou kaartjies nou vir die Winterfees!

Kry hier jou program van aanhoudende vermaak waarop jy nie kan uitmis nie:

POLOKWANE – Hierdie Junie beloof om die toon aan te gee vir die winter met vieringe tydens die Container Bar se Winterfees.

Op 2 Junie skop die fees af met ‘n optrede deur Tuin en Francois van Coke.

Lees meer: Witwarm Winterfees binnekort in Polokwane

Tydens die tweede dag van die vierdagse fees sal Jay du Plessis, Riaan Benade, Juan Boucher en Dirk van der Westhuizen op die verhoog wees terwyl Pietman Geldenhuys, Brendan Peyper, Elandré, Franja du Plessis, JP Zeelie, Swerwer en The Barbosa Experience Saterdag gaan optree.

Die laaste dag van die fees sal Jo Black en Karlien van Jaarsveld op die verhoog wees.

Oud en jonk kan pret hê by die fees wat van 2 tot 5 Junie by Grounded Container Bar op die N1-Noord plaasvind.

Elke dag sal gevul wees met opwindende kompetisies om aan deel te neem. Daar sal ‘n verskeidenheid stalletjies op die feesterrein wees wat kos, drinkgoed, juweliersware, kuns en vele meer aanbied. Vir die kinders sal daar addisionele aktiwiteite wees.

Kaartjies:

• 2 Junie: R250 vir volwassenes en R150 vir tieners.

• 3 Junie: R350 vir volwassenes en R250 vir tieners.

• 4 Junie: R350 vir volwassenes en R250 vir tieners.

• 5 Junie: R200 vir volwassenes en R100 vir tieners.

• Naweekkaartjie: R1 050 vir volwassenes en R625 vir tieners.

Kinders onder 10 jaar kan gratis ingaan.

Kaartjies beskikbaar by quicket.co.za onder die skakel Container Bar Winterfees.

Program

Donderdag, 2 Junie

11:30 – Hekke open

18:30 – Tuin

20:00 – Francois van Coke

Vrydag, 3 Junie

10:00 – Hekke open

18:00 – Dirk Van Der Westhuizen

19:00 – Juan Boucher

20:00 – Riaan Benade

21:00 – Jay

Saterdag, 4 Junie

10:00 – Hekke open

12:00 – The Barbosa Experience

12:30 – Swerwer

14:00 – The Barbosa Experience

14:30 – JP Zeelie Live

16:30 – The Barbosa Experience

17:00 – Franja du Plessis

18:00 – Pietman Geldenhuys

19:00 – Brendan Peyper

20:30 – Elandré

Sondag, 5 Junie

10:00 – Hekke open

13:00 – Karlien van Jaarsveld

14:00 – Jo Black

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button