Boewe steel kerk se kruis in Polokwane

Die kruis en ander goedere, ter waarde van R30 000, is gisteraand van die kerk se perseel af gesteel.

POLOKWANE – Die lidmate van Christ Cathedral Church in Biccardstraat was vanoggend geskok toe hulle uitvind dat hulle herdenkingstuin se kruis gesteel is.

Boewe het goedere van ongeveer R30 000, wat die kruis en die buitedeure se handvatsels insluit, gesteel nadat hulle die kerk se perseel binnegedring het.

Dominee Rendani Mudau sê hierdie voorval was die derde een in die afgelope vyf weke en dat hulle reeds drie sake by die polisiekantoor gemaak het.

“Die laaste persoon wat die perseel verlaat het, het omstreeks 17:45 vertrek. Toe hy vanoggend om 07:30 terugkom, het hy opgemerk dat die kruis in ons tuin en deurhandvatsels vermis word. Ons doen ‘n beroep op lede van die gemeenskap om van diefstal af te sien en op die uitkyk te wees vir almal wat die kruis of die deurhandvatsels wil verkoop.”

Hy sê enigiemand met inligting kan die polisie by 10111 of die kerk by 015 297 2667 te kontak om te help met die ondersoeke.

Hierdie blyk nie om die enigste kerk in die stad te wees wat onlangs besteel was nie. Lees meer hieroor in volgende week se Polokwane Review.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.
 

Related Articles

Back to top button