Tekkie Tax-dag op 29 Mei, hulp nodig

Inwoners en sakelui van die stad kan vanjaar weer ‘n verskil in die lewe van ander maak deur aktief deel te neem aan die Tekkie Tax-veldtog wat geld insamel vir diere, sorgbehoewende kinders, persone met gestremdhede en onderwys, terwyl bydraes ook hoop kan bring aan diegene wat deur swak maatskaplike omstandighede geraak word. Tekkie Tax-dag …

Inwoners en sakelui van die stad kan vanjaar weer ‘n verskil in die lewe van ander maak deur aktief deel te neem aan die Tekkie Tax-veldtog wat geld insamel vir diere, sorgbehoewende kinders, persone met gestremdhede en onderwys, terwyl bydraes ook hoop kan bring aan diegene wat deur swak maatskaplike omstandighede geraak word.
Tekkie Tax-dag is op 29 Mei en plakkers teen R10 elk, skoenveters teen R40 met ‘n plakker ingesluit en kleurvolle T-hemde teen R100 vir volwassenes en R80 vir kinders kan vooraf aangekoop word en op dié dag gedra word om die boodskap van meelewendheid uit te dra.
Bestuurder van Polokwane Nasorgsentrum vir Volwasse Intellektueel Gestremdes, Saartjie du Toit was oor die afgelope jare een van die topverkopers van Tekkie Tax-items in die stad en doen ‘n beroep op almal om die veldtog te ondersteun en hulp aan te bied om die items te verkoop.
Du Toit kan by 082 257 3857 of 015 297 1459 bereik word.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

Exit mobile version