Demi Lee Moore sing stad aan die brand

Daar was Saterdagaand geen twyfel oor die gewildheid van opkomende sangeres Demi Lee Moore toe sy voor ‘n reuse gehoor van byna 1 000 aanhangers by Bradbury Estate buite die stad opgetree het nie. Die konsert is deur die Hervormde Kerk Welgelegen aangebied en gaste het reeds van laatmiddag hul opwagting gemaak om die beste …

Daar was Saterdagaand geen twyfel oor die gewildheid van opkomende sangeres Demi Lee Moore toe sy voor ‘n reuse gehoor van byna 1 000 aanhangers by Bradbury Estate buite die stad opgetree het nie.
Die konsert is deur die Hervormde Kerk Welgelegen aangebied en gaste het reeds van laatmiddag hul opwagting gemaak om die beste sitplekke te reserveer terwyl hulle die stalletjies met onder meer pannekoek, kerrie-en-rys, sosaties en broodrolletjies met vark-op-die-spit ondersteun het. Spesiale voorsiening is vir die jongklomp gemaak met ‘n speelterrein en die swembad wat vir groot pret gesorg het.
Op die verhoog het ou treffers soos ‘Jolene’ en ‘Somebody to love’ groot byval gevind terwyl Moore se vertolking van die ou treffer, Sproetjies die gehoor meegevoer het. Die program sou ook nie volledig gewees het sonder haar weergawe van ‘Amanda’, wat sy saam met haar begeleier, Francois Kleynhans, uitgevoer het nie. Die man in haar lewe, Barthlo Visagie, was haar ander begeleier.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Demi Lee Moore staan nader vir ‘n foto met aanhangers Sebastiaan Hartman en Michelle Blount.
Exit mobile version