Topfotograwe kry erkenning vir uitmuntende werk

Annemarie du Plessis het Saterdagaand tydens die Pietersburg Fotografieklub se 2019 prysuitdelingsfunksie by die Pietersburg Klub vir die derde agtereenvolgende jaar die PFK Hugh Exton-trofee as Fotograaf van die Jaar ontvang. Voorsitter van die klub, Hardus Swanepoel het verduidelik dat die Fotograaf van die Jaar gekies is op grond van prestasies in verskeie afdelings, wat …

Annemarie du Plessis het Saterdagaand tydens die Pietersburg Fotografieklub se 2019 prysuitdelingsfunksie by die Pietersburg Klub vir die derde agtereenvolgende jaar die PFK Hugh Exton-trofee as Fotograaf van die Jaar ontvang.
Voorsitter van die klub, Hardus Swanepoel het verduidelik dat die Fotograaf van die Jaar gekies is op grond van prestasies in verskeie afdelings, wat elke goue toekenning ontvang, elke maandwenner, elke 50 klubpunte, beste fotograaf in afdelings, salonkampioene en elke oudio-visuele produksie ingesluit het en Du Plessis is as wenner in verskeie afdelings bekroon met haar foto’s wat ‘Dragonfly Interruption’, ‘Thirsty Trail’, ‘Precious’, ‘Guarding the Shores’ en ‘Striped Camouflage’ ingesluit het.
Fotograwe het onder andere in die portret-, natuur-, wilde natuurlewe-, fotojoernalistiek-, reis-, kontemporêre-, landskap-, makro- en pikturale klasse deelgeneem en nadergestaan om die Allied-, PFK Eagle-, SA Druggists-, EVB- en Kudu-trofeë te ontvang.
Ander fotograwe wat trofeë ontvang het, is Bernadeen Grobler, Johan Viljoen, Carina de Wet, Francois Rousseau, Anneliese Pretorius, Chris Swanepoel, Vanite Kotzé, Ntobatse Mokone en Len Dames. Hardus Swanepoel het die Badproptoekenning verwerf vir die grootste blaps van die jaar, terwyl Kotzé die Voorsittersbeker gewen het vir haar bydrae tot die klub.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Annemarie du Plessis se wenfoto, ‘Dragonfly Interruption’.
Afrique Du Sud Street Art
The Bully
Mutale Falls
Golden Leopard
Thirsty Trail
Harvesting 4
Guarding the Shores
Precious1
Grand Canyon Rocks
Hermit Crab
Intropeksie
Striped Camouflage

 

 

Related Articles

 
Back to top button