Demi Lee Moore beloof aand van top-vermaak

Aanhangers van Demi Lee Moore kan hul regmaak vir ‘n aand van topvermaak wanneer dié gewilde Afrikaanse sangeres op 8 Februarie om 19:00 by Bradbury Estate buite die stad optree. Sy is in Worchester gebore en is tans ‘n inwoner van Durbanville buite Kaapstad. Sy het op negejarige ouderdom begin sing en op 19 begin …

Aanhangers van Demi Lee Moore kan hul regmaak vir ‘n aand van topvermaak wanneer dié gewilde Afrikaanse sangeres op 8 Februarie om 19:00 by Bradbury Estate buite die stad optree.
Sy is in Worchester gebore en is tans ‘n inwoner van Durbanville buite Kaapstad. Sy het op negejarige ouderdom begin sing en op 19 begin om heeltyds te sing. Haar talent het haar vooruitgeloop en sy is in 2013 benoem vir ’n Ghoema vir die beste popalbum met ‘Net ’n Mens’. In 2014 het sy aan die Idolskompetisie deelgeneem en ‘n sewende plek behaal.
Sy het finaal landswye bekendheid verwerf toe sy in 2018 aan die realiteitsangkompetisie, Die Kontrak deelgeneem het. Agt aspirantmu­sieksterre is ná ’n aanlynveldtog uit bykans 2 000 sangers as finaliste gekies is en sy is as algehele wenner aangewys.
Haar album ‘Mis Eet Slaap Herhaal’ is op 30 November 2018 uitgereik en bevat onder andere gunstelinge soos ‘Sproetjies’, ‘Spore’ en ‘Vulkaan’. Die geleentheid word ten bate van die Hervormde Kerk Welgelegen aangebied en hekke open reeds om 15:00 sodat gaste die kosstalletjies en kontantkroeg kan ondersteun.
Kaartjies is verkrygbaar by Bennie Viljoen by 083 302 4933 en kos R120 per persoon.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

Related Articles

Back to top button