APD ook gerat vir konferensies, spyseniering, verblyf

Hoewel Eeufeeshuis al etlike dekades in die stad bekend is as hawe vir persone met gestremdhede, is dit minder bekend dat die Vereniging vir Persone met Gestremdhede (APD) wat dié inrigting administreer en bestuur, ook oor konferensie- en akkommodasiefasiliteite beskik. “Behalwe dat die geriewe ‘n opleidings- en werkplek vir inwoners van Eeufeeshuis voorsien, help dit …

Hoewel Eeufeeshuis al etlike dekades in die stad bekend is as hawe vir persone met gestremdhede, is dit minder bekend dat die Vereniging vir Persone met Gestremdhede (APD) wat dié inrigting administreer en bestuur, ook oor konferensie- en akkommodasiefasiliteite beskik.
“Behalwe dat die geriewe ‘n opleidings- en werkplek vir inwoners van Eeufeeshuis voorsien, help dit ook om die deurlopende bedryf van APD se aktiwiteite soos die behuising van gestremdes en hul spesiale behoeftes te finansier,” verduidelik bestuurder van die geriewe, Magda Venter.
Benewens vier goed toegeruste konferensie- en funksielokale met plek vir 50 tot 350 mense, beskik dié fasiliteit ook oor drie enkel- en vier familiekamers met eie badkamers, DStv, yskaste en ‘n gemeenskaplike sitkamer. Buite in die tuin is braaigeriewe en ‘n swembad en al die geriewe is rolstoelvriendelik. Veilige parkering met heeltydse wagte word voorsien.
Keurige sout- en soetskinkborde met heerlike versnaperinge word in die ruim kombuis opgetower en smaaklike geregte word vir buitefunksies berei. Die flukse span kombuispersoneel en inwoners is ook baie trots op die pannekoek, beskuit, sop en vetkoeke wat op bestelling beskikbaar is.
Skakel 015 291 1787/8 om te bestel.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Inwoner van Eeufeeshuis Mariaan Joubert met een van die keurige soutskinkborde.
Tafels in die konferensiefasiliteit word gedek volgens die kliënt se voorkeur.

Related Articles

Back to top button