Doornkraal Voortrekkers vier 57ste bestaansjaar

Voortrekkers van Doornkraal Voortrekkerkommando het verlede Donderdag die kommando se 57ste verjaardag gevier en van die skole wat as voedingsgebied vir die organisasie dien, het ook in die pret gedeel. Die feesvieringe het reeds verlede Dinsdagmiddag tydens ‘n spanbyeenkoms by die NG Kerk Pietersburg-Noord afgeskop toe spookasem en kolwyntjies in die Voortrekkers se kleure, rooi …

Voortrekkers van Doornkraal Voortrekkerkommando het verlede Donderdag die kommando se 57ste verjaardag gevier en van die skole wat as voedingsgebied vir die organisasie dien, het ook in die pret gedeel.
Die feesvieringe het reeds verlede Dinsdagmiddag tydens ‘n spanbyeenkoms by die NG Kerk Pietersburg-Noord afgeskop toe spookasem en kolwyntjies in die Voortrekkers se kleure, rooi en blou, uitgedeel is.
Volgens Venita Olivier, woordvoerder van die kommando. is daar ook verjaardagkoeke by Curro Heuwelkruin, Hoërskool Pietersburg, Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, Laerskool Pietersburg-Oos en Pietersburg Laerskool afgelewer, “Al die skole in Polokwane wat Voortrekkers het, het ook toestemming gegee dat die Voortrekkers Donderdag of Vrydag Voortrekkeruniforms mag aantrek skooltoe. Dit was ‘n heerlike week van verjaar en ons is baie trots op ons 57 Jaar,” sê Olivier.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button