Rina van Eeden vier 80 jaar met familie, vriende

Oud-amptenaar van Polokwane Munisipaliteit en jarelange inwoner van die stad, Rina van Eeden het onlangs haar tagtigste verjaardag met familielede en vriende in die saal van die Hervormde Kerk Noordelike Pietersburg gevier. Sy is op 26 Augustus 1939 in Bloemfontein gebore en haar man is gedurende 1972 oorlede, waarna sy vrou-alleen twee seuns en ‘n …

Oud-amptenaar van Polokwane Munisipaliteit en jarelange inwoner van die stad, Rina van Eeden het onlangs haar tagtigste verjaardag met familielede en vriende in die saal van die Hervormde Kerk Noordelike Pietersburg gevier.
Sy is op 26 Augustus 1939 in Bloemfontein gebore en haar man is gedurende 1972 oorlede, waarna sy vrou-alleen twee seuns en ‘n dogter grootgemaak het en deur benewens haar heeltydse werk bouplanne te teken, verseker het dat hulle almal hul universiteitsopleiding kon voltooi. Sy was ook ‘n dosent by ‘n tegniese kollege in Brits.
Van Eeden woon steeds alleen in haar huis en bestuur nog self haar motor. Sy het nog nie ophou werk nie en hoewel sy nie meer bouplanne teken nie, bedryf sy haar eie verhuringsagentskap en administreer besoldigingspakette vir besighede.
Sy het vier kleinkinders en een agterkleinkind en sê dat haar resep harde werk en genade van Bo is. “Mens moet nie gaan stilsit nie, dan haal die ouderdom jou in,” meen sy.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

Exit mobile version