Tweede Sekelbosfees in stad goed ondersteun

Die stad se tweede Sekelbosfees wat Vrydag en Saterdag by Generaal Piet Joubertskool gehou is, is goed ondersteun en gaan ‘n jaarlikse instelling word, sê die organiseerder Faan Visser. Besoekers het reeds Vrydagmiddag by die fees opgedaag om die wye verskeidenheid uitstallers se stalletjies te ondersteun en is nie teleurgestel nie. Keurige eet- en drinkgoed, …

Die stad se tweede Sekelbosfees wat Vrydag en Saterdag by Generaal Piet Joubertskool gehou is, is goed ondersteun en gaan ‘n jaarlikse instelling word, sê die organiseerder Faan Visser.
Besoekers het reeds Vrydagmiddag by die fees opgedaag om die wye verskeidenheid uitstallers se stalletjies te ondersteun en is nie teleurgestel nie. Keurige eet- en drinkgoed, geskenke, snuisterye en uitstallings het ‘n besoek die moeite werd gemaak en ‘n geleentheid gebied om die heerlike lenteweer wat die stad getref het, ten volle te benut.
Van Saterdag se hoogtepunte was ‘n optrede deur sanger Armand van der Merwe en sy perd Thunder en ‘n inkleurkompetisie wat vir kleuters aangebied is.
Visser het aangedui dat hy beoog om die fees uit te bou tot ‘n geleentheid wat gelykstaande is aan ander groot Afrikaanse musiekfeeste wat elders in die land aangebied word.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Jeanette Eybers se Tokreenwerk trek aandag.
Lurian en Imaré Enslin leer die fyner kunsies van inkleurwerk by Gretha Enslin.
Exit mobile version