Internasionale ster Amira Willighagen binnekort in Louis Trichardt

Internasionale kunstenaar Amira Willighagen, die 2013 wenner van Holland’s Got Talent, tree op 14 September 2019 om 18:00 by die Emmanuel Christian School buite Louis Trichardt op. Dié kranige jong sanger, wat maar nege was toe sy die gewilde kompetisie in Nederland gewen het, woon nou in Suid-Afrika en is ‘n leerder van die Hoër …

Internasionale kunstenaar Amira Willighagen, die 2013 wenner van Holland’s Got Talent, tree op 14 September 2019 om 18:00 by die Emmanuel Christian School buite Louis Trichardt op.
Dié kranige jong sanger, wat maar nege was toe sy die gewilde kompetisie in Nederland gewen het, woon nou in Suid-Afrika en is ‘n leerder van die Hoër Volkskool op Potchefstroom. Haar loopbaan as internasionale sanger gaan egter van krag tot krag en sy kan reeds spog met optredes saam met Helmut Lotti, Patrizio Buanne, Martin Mans en André Rieu. Sy het ook al tydens optredes by Classics is Groot die verhoog met bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Corlea Botha, Jannie Moolman, Touch of Class, Joseph Clarke en Elvis Blue gedeel.
Die optrede word aangebied deur die Hervormde Kerk Broodboomvereniging om geld in te samel en vind plaas met die hulp van verskeie plaaslike musiekkunstenaars wat as groep en ook afsonderlik gaan optree.
Kaartjies vir die vertoning kos R250 per persoon, wat ‘n ete insluit. Eie drinkgoed word toegelaat en tafels is te koop teen R2 000 per tafel van agt persone. Die aantal kaartjies is beperk tot 400.
Die terrein beskik oor volop parkeerplek en sekuriteit sal die aand beskikbaar wees.
Kaartjies is verkrygbaar by Da Silva Apteek, Weldon’s Apteek en Safety First. Vir meer inligting aangaande die geleentheid, skakel Nic Hoffmann by 079 460 2160.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

Exit mobile version