Hulpbehoewendes baat byVryburgers se wynveiling

Die Vryburgers van Pietersburg en Tafelronde Pietersburg 22 se 16de jaarlikse wynveiling is verlede Donderdag­aand by die Pietersburgklub aangebied en was volgens die organiseerders ‘n reuse sukses. Van die winskope waarmee kopers weggestap het, was 12 bottels KWV 5-jaar oue brandewyn wat R180 gehaal het en ‘n wynvaatjie wat 300 bottels wyn verteenwoordig wat vir …

Die Vryburgers van Pietersburg en Tafelronde Pietersburg 22 se 16de jaarlikse wynveiling is verlede Donderdag­aand by die Pietersburgklub aangebied en was volgens die organiseerders ‘n reuse sukses.
Van die winskope waarmee kopers weggestap het, was 12 bottels KWV 5-jaar oue brandewyn wat R180 gehaal het en ‘n wynvaatjie wat 300 bottels wyn verteenwoordig wat vir R15 000 verkoop is. Die gelukkige koper ontvang dus 300 bottels wyn waarop die etiket van sy keuse aangebring sal word.
KWV Gin was weereens gewild vanjaar. “Dit is ‘n drankie wat nie in die algemene mark beskikbaar is nie en hoog aangeslaan word deur almal wat dit al geproe het,” sê Gert Ehlers, een van die Vryburgers van Pietersburg.
Dié liefdadigheidsprojek is ‘n spanpoging van die Vryburgers van Pietersburg en Robertson en Tafelronde Pietersburg 22 en vanjaar se opbrengs sal oudergewoonte aan Polokwane Nasorgsentrum vir Volwasse Intellektueel Gestremdes, Bella Vista Tehuis vir Bejaardes, Koningskinders, Pietersburg Maatskaplike Dienste en La Wiida Leersentrum vir Kinders met Spesiale Behoeftes en liefdadigheidsorganisasies in die Robertsonomgewing geskenk word.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Stuurman van die Vryburgers van Pietersburg, Ruan Erasmus, middel, met lede van die Vryburgers van Robertson, Alwyn du Plessis en Hansie Volschenk.

Related Articles

Back to top button