Gereformeerde Kerk hou mini-basaar, ete

‘n Mini-basaar en ete het gemeentelede van die Gereformeerde Kerk Pietersburg Vrydag geleentheid gebied om gesellig saam te verkeer. Stalletjies met ‘n verskeidenheid eet- en drinkgoed, tuisgebak, vrugte en groente, vleis en biltong het verseker dat besoekers wat nie reeds vir die ete en vermaak later die aand deur plaaslike sanger Will Jordan aangemeld het …

‘n Mini-basaar en ete het gemeentelede van die Gereformeerde Kerk Pietersburg Vrydag geleentheid gebied om gesellig saam te verkeer.
Stalletjies met ‘n verskeidenheid eet- en drinkgoed, tuisgebak, vrugte en groente, vleis en biltong het verseker dat besoekers wat nie reeds vir die ete en vermaak later die aand deur plaaslike sanger Will Jordan aangemeld het nie, iets kon uitsoek om weg te neem. Die pap en kaiings wat al ‘n instelling geword het, het saam met vasgebakte pannekoeke groot aftrek gekry en gemeentelede het bontgestaan om besoekers by hul stalletjies te help.
‘n Wit olifanttafel met ‘n versameling lekkerleesboeke en speletjies vir kinders het ook goeie aftrek gekry.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Plaaslike sanger Will Jordan, middel, met Dina Vermeulen en Rietha Carstens by die boepensbroodjiestalletjie.

Related Articles

Back to top button