Evangelies-Gereformeerde Kerk hou eerste markdag

Gerhard Snijders, leraar van die Evangelies-Gereformeerde Kerk Pietersburg, is tevrede met die opkoms van die kerk se eerste markdag wat onlangs op die kerkterrein gehou is en beoog om dit ‘n jaarlikse instelling te maak. Die wit olifanttafel het aandag getrek en die pannekoekbakkers moes bontstaan om genoeg voorraad vir die besoekers gereed te kry. …

Gerhard Snijders, leraar van die Evangelies-Gereformeerde Kerk Pietersburg, is tevrede met die opkoms van die kerk se eerste markdag wat onlangs op die kerkterrein gehou is en beoog om dit ‘n jaarlikse instelling te maak.
Die wit olifanttafel het aandag getrek en die pannekoekbakkers moes bontstaan om genoeg voorraad vir die besoekers gereed te kry. Stalletjies met vars vleis, groente en vrugte, tuisgebak en worsbroodjies is goed ondersteun en ‘n verskeidenheid gebruikte boeke het vir winskope gesorg.
“Die markdag was ‘n geleentheid vir gemeentelede om gesellig saam te verkeer en het ook as voorloper gedien vir die Pot of Hope potjiekoskompetisie wat die kerk op 7 September saam met Kansa aanbied,” het Snijders gesê.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Henry Moolman sorg vir die vleisstalletjie.
Gerhard Snijders en Chantél van Heerden wat die markdag gereël het.
Exit mobile version