EntertainmentLifestyle

Laurika Rauch in Polokwane

Laurika Rauch liefhebbers kan uitsien na 'n fenominale aand saam met haar op 24 Augustus by Bradbury Private Estate & Function Venue.

POLOKWANE – Optog! in samewerking met Wiele500, Heuwelkruin en Bradbury bring Laurika na Polokwane met ‘n verskil. Daar is twee opsies.

Die eerste opsie kos R225 en sluit slegs die vertoning in. Die tweede opsie kos R290 en sluit ‘n kaas-en-wynkuier saam met Laurika in.

Heuwelkruin bied hul busse, twee 20-sitplek en een 65-sitplek bus aan vir dié wat nie wil ry nie.

Die vertoning is slegs vir kinders ouer as 12 jaar, maar daar is vermaak en ‘n spesiale spyskaart beskikbaar vir die kinders.

Daar gaan R20 van elke kaartjie na Wiele500. Kaartjies is beskikbaar by www.iticket.co.za asook by Heuwelkruin, Freshwell en Bradbury.

Vir meer inligting kontak Marlene Calitz by 082 3771293.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button