Bederf vir koorliefhebbers

Ensemble Esprit is 'n plaaslike kamerkoor wat op Saterdag, 3 Augustus uittreksels van Messias deur G.F. Handel aan Polokwane musiekliefhebbers gaan lewer.

POLOKWANE – Dié konsert beloof om weer ‘n hoogtepunt op die kultuurkalender van Polokwane te wees. Die bekende en vermaarde dirigent van die UJ Universiteitskoor, Renette Bouwer, sal die dirigeerstok hanteer en ook twee sopraansolo’s lewer.

Die samewerking van nog twee kore is bekom, Cantamus Corde van Pretoria o.l.v. Surette Prinsloo, en Molen Kòrus van Potchefstroom.

Molen Kòrus, onder leiding van Loretté du Toit en Kobus Venter, is verlede jaar as wenners van die oop afdeling vir gemengde kamerkore by die Wêreld Koorspele in Pretoria aangewys.

Renchia Grobbelaar sal die orrelbegeleiding behartig. Ensemble Esprit het nog oop plekke vir veral soprane en tenore wat dringend gevul moet word. Ander stempartye is ook welkom.

Belangstellendes met koorervaring word genooi om saam te kom sing – dié geleentheid gaan nie gou weer kom nie! Skakel Ans Becker by 082 457 8171 vir meer besonderhede of om ‘n oudisie te reël.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version