Oud-burgemeestersgade Marie van Zyl sterf op 92

Jarelange inwoner van die stad, Marie van Zyl is op 5 Junie in die ouderdom van 92 jaar in die Vergeet-My-Nie Behuisingsentrum in die stad oorlede nadat haar gesondheid die afgelope tyd agteruitgegaan het. Van Zyl het die afgelope 24 jaar alleen in haar woonstel gewoon nadat haar man Kobie in 1988 oorlede is. Die …

Jarelange inwoner van die stad, Marie van Zyl is op 5 Junie in die ouderdom van 92 jaar in die Vergeet-My-Nie Behuisingsentrum in die stad oorlede nadat haar gesondheid die afgelope tyd agteruitgegaan het.
Van Zyl het die afgelope 24 jaar alleen in haar woonstel gewoon nadat haar man Kobie in 1988 oorlede is.
Die Van Zyls was gedurende 1967 en 1968 en weer gedurende 1973 en 1974 die stad se burgemeesterspaar.
Marie was ‘n erelid van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie en aktief betrokke by die Vergeet-My-Nie Behuisingsentrum waar sy ‘n ‘gimtrim’ vir die inwoners aangebied het en ‘n steunpilaar vir fondsinsamelings was.
Haar dogters Ronél en Henriette onthou haar as ‘n uitstekende kok wat ook baie lief was vir naaldwerk en wat in haar jonger dae haar eie uitrustings gemaak het.
“Sy het elke Sondag by ons kom eet en dan het ons by ons broer Kobus gaan tee drink. Ons sal haar ongelooflike sin vir humor en brein vir syfers onthou,” sê Henriette.
Benewens Ronél, Henriette en Kobus word sy ook deur vyf kleinkinders en drie agterkleinkinders oorleef.
‘n Gedenkdiens is verlede Donderdag vir haar in die NG Kerk Pietersburg-Oos gehou.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

Related Articles

Back to top button