Jo Black sing stad vuurwarm op wintersaand

Aanhangers van Jo Black het hulle Sondagaand nie deur die koue laat afskrik nie en gesorg vir ‘n goeie opkoms by die konsert wat by Hoërskool Pietersburg aangebied is. Dié veelsydige kunstenaar het dadelik aanklank by sy gehoor gevind toe hy sy ‘Storie agter die storie’ vertel het. Hy het vertel van sy kinderdae en …

Aanhangers van Jo Black het hulle Sondagaand nie deur die koue laat afskrik nie en gesorg vir ‘n goeie opkoms by die konsert wat by Hoërskool Pietersburg aangebied is.
Dié veelsydige kunstenaar het dadelik aanklank by sy gehoor gevind toe hy sy ‘Storie agter die storie’ vertel het.
Hy het vertel van sy kinderdae en hoe hy deur sy ‘Oupie’ grootgemaak is en watter invloed dit op sy latere lewe en van sy liedjies gehad het.
Sy treffers, wat ‘Skepe”, ‘Voel jy die genade’, ‘Bring die hoop weer terug’ en Yster slyp yster’ ingesluit het, het gou ‘n warm atmosfeer geskep en die koue was vergete.
Vier aanhangers, Juan Beeton en Bianca Taylor en Rita en Wickus Pieterse het elkeen ‘n komplimentêre kaartjie na die konsert gewen en was dit eens dat die geleentheid die hoogtepunt van hul naweek was. Die kaartjies is deur Polokwane Observer uitgeloof.
Die optrede is deel van die landwye Optog!-inisiatief wat ten doel het om Suid-Afrikaanse kunstenaars se talent oor ‘n groter deel van die land bekend te stel en aanhangers ‘n geleent­heid te bied om die kunstenaars in lewende lywe te sien en met hulle kennis te maak.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

Related Articles

Back to top button