Dierebeskermings­vereniging hou jaarvergadering

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) Polokwane se algemene jaarvergadering word op 29 Julie om 17:00 by die Pietersburgklub gehou en ‘n beroep word op lede gedoen om te verseker dat hul ledegeld opbetaal is teen 30 Junie sodat hulle aan die verkiesing van ‘n nuwe bestuur kan deelneem. Tania le Roux, wat vir etlike jare as voorsitter …

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) Polokwane se algemene jaarvergadering word op 29 Julie om 17:00 by die Pietersburgklub gehou en ‘n beroep word op lede gedoen om te verseker dat hul ledegeld opbetaal is teen 30 Junie sodat hulle aan die verkiesing van ‘n nuwe bestuur kan deelneem.
Tania le Roux, wat vir etlike jare as voorsitter gedien het, het onlangs bedank en die tussentydse voorsitter, Ansie de Kock sê dat die DBV nie kan voortbestaan sonder die ondersteuning van die gemeenskap nie. “Die DBV se konstitusie bepaal dat ledegeld teen 30 Junie betaalbaar is en lede word versoek om hul identiteitsdokumente saam te bring vir verifikasie,” sê De Kock.
Skakel 015 291 1088 gedurende kantoorure vir verdere inligting of stuur ‘n e-pos aan spcapolokwane@gmail.com.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

Related Articles

Back to top button