Deelnemers almal wenners van Aïda inkleurkompetisie

Al 24 deelnemers aan die inkleurkompetisie wat Aïda Polokwane onlangs by die basaar van die Hervormde Kerk Pietersburg aangebied het, is as wenners aangewys en het elkeen ‘n prysgeld van R50 ontvang. Prinsipaal van Aïda Polokwane, Anton Hanekom het verlede Woensdag tydens die oorhandiging van die pryse verduidelik dat die aanvanklike gedagte was om drie …

Al 24 deelnemers aan die inkleurkompetisie wat Aïda Polokwane onlangs by die basaar van die Hervormde Kerk Pietersburg aangebied het, is as wenners aangewys en het elkeen ‘n prysgeld van R50 ontvang.
Prinsipaal van Aïda Polokwane, Anton Hanekom het verlede Woensdag tydens die oorhandiging van die pryse verduidelik dat die aanvanklike gedagte was om drie pryse toe te ken maar dat dit onmoontlik was om die bestes uit te sonder. “Ons het toe besluit om die prysgeld te verhoog en almal as wenners te verklaar.”
Die deelnemers was almal tussen vier en 13 jaar oud en het ook elkeen ‘n koeldrank, suigstokkie en kolwyntjie ontvang.

Storie and foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Exit mobile version