Dalmada Baskoppies gemeenskap hou familie pretdag

‘n Bergfietsresies was die hoogtepunt van die Dalmada Baskoppies gemeenskap se familie pretdag wat Saterdag op die kleinhoewes buite die stad aangebied is. Volgens Dalmada Baskoppies Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF)-sekretaresse, Marinda Venter is die dag aangebied om fondse in te samel wat vir die plaaslike gemeenskap aangewend sal word. Sy sê hulle beoog om onder andere glimbaadjies …

‘n Bergfietsresies was die hoogtepunt van die Dalmada Baskoppies gemeenskap se familie pretdag wat Saterdag op die kleinhoewes buite die stad aangebied is.
Volgens Dalmada Baskoppies Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF)-sekretaresse, Marinda Venter is die dag aangebied om fondse in te samel wat vir die plaaslike gemeenskap aangewend sal word. Sy sê hulle beoog om onder andere glimbaadjies en tweerigtingradios vir die GPF se patrollielede aan te skaf.
Bergfietsentoesiaste kon aan 40 km en 20 km wedrenne deelneem terwyl die kinders mekaar in ‘n 1 km-wedren die stryd aangesê het. Die roete vir deelnemers in die 20 km en 40 km was waarskynlik verkeerd gemerk en ryers het die verkeerde roete gevolg, maar dit was nietemin steeds ‘n pretvolle dag en deelnemers het dit baie geniet, volgens Venter.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Solly Mohammed eindig as eerste seun in die 1 km wedren.
Carla Durandt neem die voortou in die
40 km vir vrouens.
Exit mobile version