Opwinding loop hoog vir Jo Black konsert

Twee gelukkige lesers van Polokwane Observer het elkeen ‘n dubbelkaartjie na Jo Black se konsert wat Sondagaand om 19:30 by Hoërskool Pietersburg plaasvind, gewen. Volgens Delmari van Zyl, een van die organiseerders van die konsert, was Juan Beeton en Rita Pieterse die gelukkige wenners van dié kaartjies. Liefhebbers van Jo Black se musiek maak hulle …

Twee gelukkige lesers van Polokwane Observer het elkeen ‘n dubbelkaartjie na Jo Black se konsert wat Sondagaand om 19:30 by Hoërskool Pietersburg plaasvind, gewen.
Volgens Delmari van Zyl, een van die organiseerders van die konsert, was Juan Beeton en Rita Pieterse die gelukkige wenners van dié kaartjies. Liefhebbers van Jo Black se musiek maak hulle gereed vir ‘n aand se topvermaak wanneer dié gewilde kunstenaar as deel van die Optog! konserttoer in die stad optree.
Jo Black het binne twee jaar volksbesit geword en hy is ongetwyfeld Suid-Afrika se nuwe gunsteling. Sy liedjie, Skepe, het hom in rekordtyd op oud en jonk se speellys geplaas en in 2018 het hy sewe Ghoema-toekennings, sowel as ‘n SAMA-toekenning verwerf.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

Exit mobile version