Jo Black kuier op Jeugdag by PHS

Kaartjies vir sy vertoning kos R175 per persoon en is beskikbaar by iTickets.

POLOKWANE – Afrikaanse musiekaanhangers het almal al van Jo Black gehoor. Die man met die baard en die mooi stem wat Bring die Hoop Weer Terug met soveel passie en oorgawe sing.

Read more: Wie is Jo Black?

Jo besoek Polokwane op 16 Junie tydens by Hoërskool Pietersburg as deel van ‘n Optog! konsert. Hy het binne twee jaar volksbesit geword en sy liedjie Skepe, het hom in rekordtyd op oud en jonk se speellys gesit. In 2018 wen Jo sewe Ghoema-toekennings, sowel as ‘n Sama-toekenning. Jo glo in hoop en hy maak dit vir gehore tasbaar. Sy inspirerende vertonings laat gehore met warm harte en geroerde hartsnare. Aanhangers wat al sy optredes bygewoon het, sal weet dat dit vol van motiverende staaltjies uit Jo se lewe is.

Hy het ook die Be That Guy toer wat al meer as 100 skole besoek het en kinders bemagting om volwasse op te tree. Daar is ook ‘n vertoning Be That Girl, spesiaal vir meisies.

Jo se jongste CD, Voel jy die Genade, is onlangs vrygesgtel met liedjies soos Bitter, Spring en Huis op die Heuwel.

Kaartjies vir sy vertoning kos R175 per persoon en is beskikbaar by iTickets. Die vertoning begin om 19:30.

WEN! Een leser kan ‘n dubbelkaartjie na Jo se vertoning wen. Whatsapp die antwoord van die volgende vraag na 079 418 4404. Vraag: Noem enige liedjie wat nie in die berig genoem is nie van Jo Black se nuutste CD.

editor@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version