POLOKWANE – Die ATKV-Applous, ‘n koor kompetisie, se eerste ronde het onlangs in die stad plaasgevind. Die jaarlikse kompetisie sien die skole se kore teen mekaar mee ding, met die top skole wat dan deurdring na die volgende ronde in Bloemfontein. Adrie Booysen is sinoniem met koor en sang in die stad en is een van die organiseerders die jaar.
Die beoordelaars-paneel bestaan uit Erna Ronelke, Bragi Thør Valsson en Margie Spaumer van die ATKV. Saam met hulle is Rita Erasmus en Ria Odendaal, wat Oosskool en Hoërskool Pietersburg se kore afrigting. Die paneel word afgerond met die hoof organiseerder van ATKV-Applous Limpopo, Dorinda Bester.
Uitslae:
Laerskool Pietersburg – Goud.
Oosskool se junior koor – Goud.
Oosskool in die meriete afdeling – Goud.
PHS – Silwer.