Optog! bring Elvis Blue na Polokwane

Elvis Blue het verlede Donderdagaand by Hoërskool Pietersburg opgetree as deel van Optog! en liefhebbers van sy musiek het die geleentheid gebruik om hom in lewende lywe te sien en van nader kennis te maak. Die tema van die konsert was ‘Stories’ en is deel van sy eie konserttoer waarmee hy die land deurkruis. Hy …

Elvis Blue het verlede Donderdagaand by Hoërskool Pietersburg opgetree as deel van Optog! en liefhebbers van sy musiek het die geleentheid gebruik om hom in lewende lywe te sien en van nader kennis te maak.
Die tema van die konsert was ‘Stories’ en is deel van sy eie konserttoer waarmee hy die land deurkruis. Hy het die gehoor met ‘n verskeidenheid liedjies, die meeste daarvan uit sy eie pen, vermaak. Sy vertelling oor sy ervaringe met sy vriend Werner, vir wie hy ook ‘n lied geskryf het, het groot byval gevind en sy aanhangers ‘n kykie in sy eie persoonlikheid gegee.
Sy repertoire het ou treffers soos Rede om te glo, Spore en Toe ons jonk was ingesluit. Sy nuwe liedjie, Jou huis, wat hy saam met Theuns Jordaan opgeneem het, is met applous begroet.
Die Optog!-teaterinisiatief, waarvan Nataniël die beskermheer is, is die grootste enkele konserttoer deur plaaslike sangers, akteurs en musikante en poog om op innoverende wyse weer van die land se gewildste musiek- en teaterproduksies planke toe te bring.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version