Eeufeeshuisers kry griepinspuitings

Meer as 80 inwoners en dagbesoekers van Eeufeeshuis het verlede Woensdag hul beurt afgewag om gratis griepinspuitings te ontvang toe verteenwoordigers van Clicks Shoprite Checkers ‘n besoek by dié instansie afgelê het. Volgens Teresa van Deventer, verteenwoordiger van Clicks Shoprite Checkers besoek dié apteek Eeufeeshuis en ander soortgelyke inrigtings jaarliks as deel van hul gemeenskapsbetrokkenheidsprojek. …

Meer as 80 inwoners en dagbesoekers van Eeufeeshuis het verlede Woensdag hul beurt afgewag om gratis griepinspuitings te ontvang toe verteenwoordigers van Clicks Shoprite Checkers ‘n besoek by dié instansie afgelê het.
Volgens Teresa van Deventer, verteenwoordiger van Clicks Shoprite Checkers besoek dié apteek Eeufeeshuis en ander soortgelyke inrigtings jaarliks as deel van hul gemeenskapsbetrokkenheidsprojek.
“Lede van die publiek betaal in die orde van R70 per inspuiting en sommige mediese fondse betaal ook daarvoor,” sê Van Deventer.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Antoinette Boshoff kry haar griepinspuiting by Julie Potgieter.
Julie Potgieter, verpleegsuster by Eeufeeshuis, dien Ruth Kekana se griepinspuiting toe.

Related Articles

Back to top button