EntertainmentLifestyle

Jou Radio soek jou stem

Jou Radio bied jou nou die geleentheid om deel te neem aan hulle soektog na omroepers in Polokwane.

POLOKWANE – Het jy nog altyd gedroom om op radio te praat of as omroeper te werk? Jou Radio bied jou nou die geleentheid om deel te neem aan hulle soektog na omroepers in Polokwane.

Aspirant-omroeper vrywilligers moet in Afrikaans en Engels kan uitsaai, ‘n goeie kommunikeerder wees, beskik oor ‘n goeie algemene kennis en twee tot vier ure per week beskikbaar wees.

Indien jy wil aansoek doen, stuur ‘n Whatsapp stemboodskap van 40 sekondes voor 31 Maart aan 063 048 9408 en vertel vir Jou Radio meer oor jouself en hoekom jy graag op radio wil wees.

Kyk gerus op Facebook of Instagram of gaan na die webwerf. Luister na Jou Radio, die hartklop van Polokwane op 91.0 FM. Stuur daardie stemboodskap sommer nou en raak deel van die span vrywilligers wat Jou Radio na jou gemeenskap toe bring!

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button