Tabita Diensgroep pak nuwe uitdagings

‘n Groep toegewyde vrywilligers van Tuiskoms Shelter het onlangs hul bande met dié hawe vir behoeftiges verbreek en gaan nou as die Tabita Diensgroep op eie stoom nuwe uitdagings aanpak. Dié nuwe diensgroep, met Christa van Tonder, Rini Lindhout, Leonora Pienaar en Erik Bekker aan die roer van sake, se eerste projek is die Doornbult …

‘n Groep toegewyde vrywilligers van Tuiskoms Shelter het onlangs hul bande met dié hawe vir behoeftiges verbreek en gaan nou as die Tabita Diensgroep op eie stoom nuwe uitdagings aanpak.
Dié nuwe diensgroep, met Christa van Tonder, Rini Lindhout, Leonora Pienaar en Erik Bekker aan die roer van sake, se eerste projek is die Doornbult Privaatskool waar hulle vir Danie en Lynette Page wil help om ‘n verskil in leerders se lewens te maak.
“Die kosbare tyd waartydens ons die inwo­ners se belange oor jare kon dien, sal ons altyd bybly. Ons het saam by Myngenoegen Shelter begin waarna ons mettertyd oorgetrek het na Tuiskoms Shelter op hoewe 32, Leeuwkuil. Ons het besluit om die stof van ons voete af te skud, nuwe paaie te loop en nuwe uitdagings aan te pak om diegene in nood by te staan. Elke donateur en instansie wat ons hande tot dusver gesterk het, word opreg bedank,” sê Van Tonder.
Van Tonder nooi lede van die gemeenskap uit om gevalle wat hulp benodig, onder Tabita Diensgroep se aandag te bring of hulp aan te bied. Van Tonder kan by 083 302 4313 geskakel word.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button