NG Moedergemeente se basaar goed ondersteun

Saterdag was basaardag by die NG Kerk Moedergemeente in die stad en fynproe­wers het reeds voor 07:00 hulle plekke in die ry ingeneem om te verseker dat hulle ‘n deel van die wors en gemaalde vleis kry wat oor jare ‘n handelsmerk van die basaar geword het. ‘n Reuse ontbyt is van vroegoggend aangebied en …

Saterdag was basaardag by die NG Kerk Moedergemeente in die stad en fynproe­wers het reeds voor 07:00 hulle plekke in die ry ingeneem om te verseker dat hulle ‘n deel van die wors en gemaalde vleis kry wat oor jare ‘n handelsmerk van die basaar geword het.
‘n Reuse ontbyt is van vroegoggend aangebied en uitverkoop en laatkommers moes na 09:00 met worsbroodjies, hamburgers en vetkoeke tevrede wees of hul honger by die gesellige teetuin met ‘n soetigheid stil. ‘n Kerkbasaar is ook nie volledig sonder pannekoek en kerrie-en-rys nie en daar was ‘n keuse tussen geurige hoender- en beeskerrie.
Stalletjies met geskenke, tuisgebak, plante, groente en vrugte en baie boeke het ‘n besoek aan die basaar die moeite werd gemaak en die wit olifanttafel is goed ondersteun.
Deon Haumann, medeleraar van die gemeente, het sy dank uitgespreek teenoor die flukse werkers wat verseker het dat die basaar ‘n sukses was. “Ouers en jonger gemeentelede het die afgelope week meer as 2 000 kg vleis verwerk en die samesyn en saamwerk was weer ‘n hoogtepunt.”

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Rika Venter, Susie Wentzel en Mariaan Steenkamp sorg vir pannekoek.
Deon en Alta Haumann, Dorah Odendaal en Hannes Jordaan staan reg om kopers in die vleiskamer te bedien.
Bettie Botha en Elsmarie Venter skep kerrie-en-rys.
Hannes Groenewald se koeldrankstalletjie verseker dat die dorstiges nie teleurgestel word nie.
Ida Heymans se vetkoeke kry groot aftrek.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button