Nataniël bekoor gaste met sang, kwinkslae

‘n Volgepakte saal by Hoërskool Pietersburg het Saterdagaand bewys dat Nataniël steeds een van die land se gewildste vermaaklikheidskunstenaars is. Hy het sy gehoor met kwinkslae laat skaterlag en dit afgewissel met sang. ‘Every day I have the blues’, ‘I’d give anything to fall in love’, ‘Forever’, ‘Blues’, ‘Blue Bayou’ en ‘First time ever I …

‘n Volgepakte saal by Hoërskool Pietersburg het Saterdagaand bewys dat Nataniël steeds een van die land se gewildste vermaaklikheidskunstenaars is.
Hy het sy gehoor met kwinkslae laat skaterlag en dit afgewissel met sang. ‘Every day I have the blues’, ‘I’d give anything to fall in love’, ‘Forever’, ‘Blues’, ‘Blue Bayou’ en ‘First time ever I saw your face’ het applous uitgelok.
Pianis Charl du Plessis het saam met hom opgetree en Floris Louw was vir die kostuums verantwoordelik.
Nataniël se optrede was deel van ‘n landwye toerprogram genaamd Optog! en volgens ‘n mediavrystelling wat verskaf is, is hy die beskermheer van die konserttoer wat die grootste enkele konserttoer deur plaaslike sangers, akteurs en musikante in Afrikaanse geskiedenis insluit en gaan poog om op innoverende wyse weer van die land se gewildste musiek- en teaterproduksies planke toe te bring.
“Ek stel belang in Optog! omdat ek nie van feeste of feeskultuur hou nie en die eertydse glorie van goeie teater en werkende teaters wil help herstel. Ek het grootgeword in klein dorpies, maar in ’n tyd wat toneelstukke en musiekkonserte deur toerende geselskappe aangebied is. Dit het my lewe verander, my aan die gang gehou met opwinding en die belofte van magic. Almal moet dit beleef,” sê Nataniël.
“Optog! is nie ’n kortermynprojek nie. Elke persoon of vertoning kan net ’n sekere bydrae maak, een maak matte skoon, een help met publisiteit, een diens klaviere, een maak vrot kleedkamers skoon en een lei oningeligte personeel op, dis ’n massiewe projek.”

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Gaste by Nataniël se konsert is Elmari Craig, Hannah de Klerk, Urma Prinsloo en Ina van der Merwe.
Jan en Debbie Kampherbeek, Annekie Heüer en Eloise Deetlefs by Nataniël se konsert.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version