Hykie Berg steel vrouens, dogters se harte

Bekende rolprent en TV-akteur, Hykie Berg, wat bekend geword het vir sy rolle in die gewilde sepies Egoli en Binnelanders en ook as wenner van die werklikheidsepie Survivor aangewys is, het vrouens en dogters Saterdag by Laerskool Pietersburg-Oos aan sy voete gehad toe hy as gasheer by by die graad sesse se geldinsamelingsfunksie opgetree het. …

Bekende rolprent en TV-akteur, Hykie Berg, wat bekend geword het vir sy rolle in die gewilde sepies Egoli en Binnelanders en ook as wenner van die werklikheidsepie Survivor aangewys is, het vrouens en dogters Saterdag by Laerskool Pietersburg-Oos aan sy voete gehad toe hy as gasheer by by die graad sesse se geldinsamelingsfunksie opgetree het. Die geld gaan aangewend word om ‘n afskeid vir vanjaar se graad sewes aan te bied.
Berg het sy praatjie met ‘n gebed begin en die gaste gevra om die woorde agter hom aan te sê. “God, grant me the serenity to accept the people I cannot change, the courage to change the people that I can and the wisdom to know that that person is me,” het Berg gebid en dié gedagtes het die kern van sy praatjie gevorm. “Ek is verantwoordelik vir my keuses, my lewe en my drome.”
Kopieë van Berg se boek, ‘My storie van hoop’ is na die praatjie aan aanhangers verkoop en talle moes teleurgesteld weggaan toe die hele voorraad uitverkoop is. In dié boek vertel Berg hoe hy op die kruin van sy suksesloopbaan alles verloor het en by die dood omgedraai het weens dwelmmisbruik. Sy paadjie het in die dwelmhole van Hillbrow begin en het hom tot in ‘n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppieshospitaal geneem waar God hom van ‘n gewisse dood gered het. “Onthou dat God se liefde ook vir jou bedoel is en al doen ons ook wat, God ons nie sal laat gaan nie,” is sy boodskap.
“Sy praatjie was inspirerend en eerlik en op die man af. Ek het ‘n totaal ander indruk van hom gekry,” het een van die gaste gesê.

Storie & foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Chanté Swartz kry ‘n drukkie van Hykie Berg.
Esther Steyn is een van Hykie Berg se ouer aanhangers.
Leerkragte van Laerskool Pietersburg-Oos, Lizette Olivier en Tunille Pretorius is aanhangers van Hykie Berg.
Hykie Berg is die gasheer tydens Laerskool Pietyersburg-Oos se dames-en dogteroggend.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button