Gewilde Pedro Kruger binnekort hier

Bekende vermaaklikheidster, Pedro Kruger, tree op 28 Februarie in die stad op as die hoofaantreklikheid by ‘n gesellige aand wat deur die NG Kerk Pietersburg-Oos aangebied word. Pedro, ook bekend as Die boytjie van Brackenfell, is ‘n talentvolle pianis, komponis en akteur wat welbekend geword het met TV-programme soos Liriekeraai, Proesstraat en die onlangse Klavierkuiers …

Bekende vermaaklikheidster, Pedro Kruger, tree op 28 Februarie in die stad op as die hoofaantreklikheid by ‘n gesellige aand wat deur die NG Kerk Pietersburg-Oos aangebied word.
Pedro, ook bekend as Die boytjie van Brackenfell, is ‘n talentvolle pianis, komponis en akteur wat welbekend geword het met TV-programme soos Liriekeraai, Proesstraat en die onlangse Klavierkuiers met Pedro.
In dié aanbieding deel hy vir die eer­ste keer die musiekreis van sy eie lewe en ’n loopbaan wat reeds oor drie dekades strek en sy professionele buiging op 15-jarige ouderdom, ’n verhoogverwerking van Fiela se Kind, intieme kykies na klavierkuiers as seun saam met sy eie gesin, tot by internasionale optredes in wêreldstede soos Edinburgh en New York insluit.
Die gehoor gaan ’n spesiale kykie in die wêreld van Pedro Kruger kry wanneer hy dit vanuit sy spesiale sitplek, agter die klavier, met almal deel.
Die funksie begin om 18:30 en kaartjies is teen R130 per persoon beskikbaar by NG Pietersburg-Oos se kerkkantoor (015 295 8849), asook by Hannes Lerm se kantoor te Rhodesdriftstraat 9 (Hampton Court Kantoorblok) in Bendor (015 296 0851). Die prys van die kaartjies sluit ‘n ligte kaas-en wynete in.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

Exit mobile version