Taberna Dei se kersmark ‘n weeklange inkopiefees

Taberna Dei se jaarlikse kersmark wat die afgelope week aangebied is, het ‘n gulde geleent­heid vir winskopiejagters geskep om spesiale geskenke aan te skaf wat nie in oral in winkels beskikbaar is nie. Die kerk se saal is in ‘n wandelgang omskep en kopers kon rustig by die stalletjies kuier en aan ‘n verskeidenheid kase, …

Taberna Dei se jaarlikse kersmark wat die afgelope week aangebied is, het ‘n gulde geleent­heid vir winskopiejagters geskep om spesiale geskenke aan te skaf wat nie in oral in winkels beskikbaar is nie.
Die kerk se saal is in ‘n wandelgang omskep en kopers kon rustig by die stalletjies kuier en aan ‘n verskeidenheid kase, brandsouse en versnaperinge proe voordat hulle ‘n keuse maak. ‘n Verskeidenheid handgemaakte artikels, kunswerke, klere, juwele, keramiekware, speelgoed en geskenke is gereeld aangevul en ‘n teetuin met heerlike eet- en drinkgoed het ‘n besoek aan die mark die moeite werd gemaak.
Organiseerders van die mark, Elsabé du Preez en Daleen Brönn sê dat die mark goed ondersteun is. “Ons bring uitstallers van so ver as die Wes-Kaap en betrek plaaslike leerders en oud-leerders van Hoërskool Pietersburg om te help by die betaalpunt en die teetuin. Hulle verdien so ‘n geldjie vir die vakansie en geniet die interaksie met die publiek,” sê Brönn.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Erica Jansen en Luzelle Smith kuier by die verskeidenheid stalletjies.
Senior burger van die stad, Joan Kock met haar kleindogter, Stephanie van der Merwe en agterkleinkind, Reon.
Naomi en Waldo Mouton geniet ‘n koue lafenis in die teetuin.
Noeline Moolman is op die uitkyk vir kersgeskenke.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button