Vreugde en dankbaarheid kenmerk Eeufeeshuis se jaarafsluitingsfunksie

Die jaarafsluitingsfunksie wat weldoeners Vrydag vir inwoners van Eeufeeshuis aangebied het, was duidelik ‘n hoogtepunt van die jaar se aktiwiteite en is hoog op prys gestel. Neels von Benecke het die inwoners met kulkunsies vermaak en laat skaterlag voordat hulle kersliedere gesing het. Eet- en drinkgoed is deur borge voorsien en die gaste het aan …

Die jaarafsluitingsfunksie wat weldoeners Vrydag vir inwoners van Eeufeeshuis aangebied het, was duidelik ‘n hoogtepunt van die jaar se aktiwiteite en is hoog op prys gestel.
Neels von Benecke het die inwoners met kulkunsies vermaak en laat skaterlag voordat hulle kersliedere gesing het.
Eet- en drinkgoed is deur borge voorsien en die gaste het aan hamburgers met slaai, afgerond met roomys en vrugtesap, weggelê. Hulle kon nie wag om hul geskenke, wat toiletware, parfuum vir die vrouens en naskeermiddel vir die mans bevat het, oop te maak nie en het hul dankbaarheid te kenne gegee.
Vrywilliger, Cecily Jacobs reël die funksie al die afgelope vyf jaar en haar helpers, Ricolette von Benecke en Charlotte Groenewald het seker gemaak dat elkeen iets te ete en te drinke kry.
Inwoner, Kiewiet du Preez het sy dankbaarheid uitgespreek. “Die partytjie is elke jaar se storie en ons sien altyd baie uit daarna. Die mense is so goed vir ons,” sê hy.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Vrywilligers, Ricolette von Benecke, Cecily Jacobs en Charlotte Groenewald het baie hard gewerk om van die funksie ‘n sukses te maak.
Inwoners van Eeufeeshuis, Madelein Nel, Michel Stander en Elize Pretorius by die kersboom.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button