Nasorgsentrum-inwoners en dagbesoekers sluit jaar gesellig af

Inwoners en dagbesoekers van Polokwane Nasorgsentrum vir Volwasse Verstandelike Gestremdes is verlede Woensdag op ‘n heerlike Kersete by Amarillo Spur in Mall of the North (MoN) getrakteer. Die busrit na MoN was reeds ‘n rede vir groot opgewondenheid en die gaste kon nie uitgepraat raak oor hoe mooi die tafels versier was nie. Partytjieklappers is …

Inwoners en dagbesoekers van Polokwane Nasorgsentrum vir Volwasse Verstandelike Gestremdes is verlede Woensdag op ‘n heerlike Kersete by Amarillo Spur in Mall of the North (MoN) getrakteer.
Die busrit na MoN was reeds ‘n rede vir groot opgewondenheid en die gaste kon nie uitgepraat raak oor hoe mooi die tafels versier was nie. Partytjieklappers is met groot verwagting oopgemaak en die inhoud daarvan aan almal gewys.
Sentrummatrone Saartjie du Toit het haar dank teenoor almal wat die Kersete moontlik gemaak het, uitgespreek. “Ons is ook baie dankbaar aan almal wat ons deur die jaar ondersteun het,” het sy afgesluit.

Storie en foto: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button