Belowende kunstenaars stal werke uit

Studente van Marlize Kenmuir Art Studio het Vrydagaand hul nuutste kunswerke by ‘n uitstalling in die stad vertoon. Die kunsskool het verlede jaar met een student afgeskop en kon vanjaar met 50 opkomende kunstenaars tussen die ouderdomme van ses en 60 afsluit. Eienaar van die ateljee, Marlize Kenmuir sê dat kuns vir haar is soos …

Studente van Marlize Kenmuir Art Studio het Vrydagaand hul nuutste kunswerke by ‘n uitstalling in die stad vertoon. Die kunsskool het verlede jaar met een student afgeskop en kon vanjaar met 50 opkomende kunstenaars tussen die ouderdomme van ses en 60 afsluit.
Eienaar van die ateljee, Marlize Kenmuir sê dat kuns vir haar is soos om ‘n storie te skryf, maar sonder woorde. Sy lê egter klem daarop dat die weergawe van dié storie gebeur met beplanning en deur die onderwerp daarvan te verstaan én te ken. “Dit is nodig om die visie te hê hoe om die ‘viewer’ se oog en emosie deur die skildery te neem,” meen sy.
Kenmuir konsentreer daarop om studente bewus te maak van wat hulle sien. “Mens kyk met jou oë, maar sien met jou brein”. Sy het ‘n metodiese manier van klasgee waar sy met kreatiewe en energieke een-tot-een kommunikasie, studente leer hoe om sketsbeplanning te doen, werkspasie te organiseer, visie te hê in wat hulle beplan en hoe om hul vrese te oorkom. Sy help haar studente ontwikkel in genres met kreatiewe idees, visuele stimulasie en bo alles, leer sy hulle hoe om pret te hê met kuns.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Zander Korff se donkie het aandag getrek.
Marlize Kenmuir, naasregs agter, met van haar kunsstudente.
Exit mobile version