SAVF vier Internasionale Mansdag

Internasionale Mansdag is Maandag wêreldwyd gevier en inwoners van Martha Hofmeyr Tehuis is op pannekoek en broodjies getrakteer terwyl plaaslike leraar, Jaco Putter die mans toegespreek het oor die rol van mans binne hul eie familieverband en die gemeenskap. Putter het die geskiedenis van Dawid, Eli, die pa van die verlore seun en sy eie …

Internasionale Mansdag is Maandag wêreldwyd gevier en inwoners van Martha Hofmeyr Tehuis is op pannekoek en broodjies getrakteer terwyl plaaslike leraar, Jaco Putter die mans toegespreek het oor die rol van mans binne hul eie familieverband en die gemeenskap.
Putter het die geskiedenis van Dawid, Eli, die pa van die verlore seun en sy eie pa as basis van sy aanbieding gebruik en benadruk dat dit ‘n pa se plig is om vir sy kinders te sê wat verkeerd is in hul lewens en hulle daarop te wys dat alles wat mens doen, gevolge het.
“Ons moet hande vat en betrokke raak om die verval van die hedendaagse samele­wing om te keer en alle mans kan ‘n verskil maak,” het Putter gesê en daarop gewys dat daar baie kinders is wat sonder ‘n vader grootword en ‘n sterk vaderfiguur nodig het om aan hulle te wys wat reg en verkeerd is. “Julle het nog steeds ‘n rol om te speel binne jul eie familieverband en die samelewing as sodanig,” was sy boodskap aan die mans.
“Ons moet jongmense wys wat manlikheid is, anders gaan die nageslag in oneer verval,” het hy afgesluit.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Inwoners van Martha Hofmeyr Tehuis luister na die praatjie van Jaco Putter.
Exit mobile version