Naweekvrouekamp geleentheid vir genesing

Woord in Aksie (WiA) het onlangs ‘n naweekvrouekamp in Polokwane aangebied as deel van ‘n reeks lewensveranderende kampe wat regdeur die jaar aangebied word. Vroue kon in ‘n Christelike omgewing oor hulle probleme en uitdagings as vroue praat en berading kry. Volgens WiA-streekleier, Trienie Mahne, is die organisasie ‘n interkerklike bediening wat kampe vir emosionele …

Woord in Aksie (WiA) het onlangs ‘n naweekvrouekamp in Polokwane aangebied as deel van ‘n reeks lewensveranderende kampe wat regdeur die jaar aangebied word. Vroue kon in ‘n Christelike omgewing oor hulle probleme en uitdagings as vroue praat en berading kry.
Volgens WiA-streekleier, Trienie Mahne, is die organisasie ‘n interkerklike bediening wat kampe vir emosionele genesing aanbied.
“Stukkende mense weet nie hoe om in triomf te lewe nie. Mense moet gehelp word om ander te vergewe en finaal afskeid te neem van geliefdes wat oorlede is om emosioneel intelligent na gees, siel en liggaam te word,” het sy verduidelik.
“WiA is nie ‘n kerk nie want elke leier wat opdaag, behoort aan sy eie kerk. Ons wil minstens een leier uit elke gemeente of geestesgroep hê, want die kleingroep wat hulle gedurende ‘n kampnaweek ontvang, moet daarna saam met hulle by ‘n Christelike groep inskakel,” sê Mahne.
“Die naweek was baie intens. Ons het oor verkragting, aborsie, depressie, vrese, swak selfbeeld en ander onderwerpe gepraat. Daar was baie trane.”

Storie en foto: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

 

Exit mobile version