Gemeenskap ondersteun verdienstelike saak

Sowat 700 mense het Tafelronde Impala 157 en Care for Autism se fondsinsamelingsgeleentheid wat Saterdagaand by Bolivia Lodge plaasgevind het, ondersteun. ‘n Veiling sowel as optredes deur storieverteller, TV-programaanbieder en sanger, Andries Vermeulen en sanger, Pieter Smith is gehou. Volgens Tafelronde-voorsitter, Vos Botha, was die ondersteuning buitengewoon goed, maar hy kon nie sê hoeveel vir …

Sowat 700 mense het Tafelronde Impala 157 en Care for Autism se fondsinsamelingsgeleentheid wat Saterdagaand by Bolivia Lodge plaasgevind het, ondersteun.
‘n Veiling sowel as optredes deur storieverteller, TV-programaanbieder en sanger, Andries Vermeulen en sanger, Pieter Smith is gehou.
Volgens Tafelronde-voorsitter, Vos Botha, was die ondersteuning buitengewoon goed, maar hy kon nie sê hoeveel vir Care for Autism ingesamel is nie omrede hulle nog besig is om donasiebeloftes op te volg.
“Ek wil graag namens die twee organisasies almal vir hulle goedhartigheid en vrygewigheid bedank,” sê hy.

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Andries Vermeulen vermaak die gehoor met sy komiese vertellings.

Related Articles

Back to top button